Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 9:17-24 Bybel vir Almal (ABA)

17. Die Here wat oor alles regeer, sê:“Roep die huilvroue.Laat kom die vroue wat weet hoe om te treur.”

18. En die volk het gesê:“Die vroue moet gou maaken hulle moet oor ons kom treur,sodat ons oë ook vol trane kan worden ons saam kan huil.”

19. Ons hoor hoe huil die mense in Sion.Hulle sê:“Die vyande het ons weggejaagen ons het alles verloor,ons moet weggaan uit die land,want hulle het ons huise afgebreek.”

20. Maar, vroue, julle moet luisterwat sê die Here nog.Julle moet vir julle dogters leer om te treuren ’n klaaglied te sing,

21. want daar is pes in die stad,die dood het by ons vensters ingeklim,en ons kinders en ons jongmense sterfop die strate en op die oop stukke grond.

22. Julle moet sê wat die Here sê:Die lyke van die mense sal soos misop die grond val of soos koring-arewat val wanneer iemand dit afsnyen niemand tel dit op nie.

23. Die Here sê:“Die wyse mensmoenie spog oor sy wysheid nie,die sterk mens moenie spog oor sy krag nie,die ryk mens moenie spog oor alles wat hy het nie.

24. Maar as iemand wil spog,dan moet hy hieroor spog:dat hy My, die Here, ken en dat hy weetEk doen wat Ek belowe het.Ek doen reg en Ek is goedvir al die mense op die aarde.Ja, dit is waarvan Ek hou.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 9