Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 52:24-34 Bybel vir Almal (ABA)

24. Die hoof-offisier het die hoëpriester Seraja gevang en ook die tweede priester en die drie drumpelwagte.

25. Hy het ook uit die stad een offisier gevat wat die hoof was van die soldate, en sewe van die koning se raadgewers wat in die stad was, en die sekretaris van die hoof van die leër wat die mense van die land moes roep om oorlog te maak, en ook 60 van die belangrike mense van die land wat in die stad was.

26. Die hoof-offisier Nebusaradan het hulle gebring na die koning van Babel in Ribla.

27. Die koning van Babel het hulle laat doodmaak in Ribla, in die land Hamat.Hy het ander Judeërs laat wegvat uit hulle land en hy het hulle na Babel gestuur.

28. Nebukadnesar het baie mense laat vang en laat wegvat:3 023 Judeërs in die sewende jaar,

29. 832 mense uit Jerusalem in die agtiende jaar nadat Nebukadnesar koning geword het,

30. en in die drie-en-twintigste jaar nadat Nebukadnesar koning geword het, het die hoof-offisier Nebusaradan 745 Judeërs weggevat.Dit was almal saam 4 600 mense.

31. Koning Ewil-Merodak het besluit om goed te wees vir koning Jojagin. Dit was in die sewe-en-dertigste jaar nadat koning Jojagin van Juda ’n gevangene geword het in Babel, in die eerste jaar nadat Ewil-Merodak koning van Babel geword het, in die twaalfde maand, op die vyf-en-twintigste dag van die maand. Koning Ewil-Merodak het toe vir koning Jojagin uit die tronk laat kom.

32. Ewil-Merodak het vriendelik gepraat met Jojagin en hy het hom laat sit op ’n belangriker plek as die ander konings wat by hom in Babel was.

33. Jojagin kon sy tronk-klere uittrek en hy kon by die koning van Babel se tafel eet totdat hy gesterf het.

34. Hy het elke dag kos en klere van die koning gekry, soveel soos hy nodig gehad het totdat hy gesterf het.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 52