Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:20-34 Bybel vir Almal (ABA)

20. Die Here sê: “Babel, jy was my hamer, my wapen,Ek het teen volke oorlog gemaak met jou.Ek het volke stukkend geslaan met jouen Ek het lande verwoes,

21. Ek het perde stukkend geslaan met jouen ook die soldate wat op die perde ry,Ek het oorlogkarre stukkend geslaan met jouen ook die soldate op die waens.

22. Ek het mans en vroue stukkend geslaanmet jou, ook oumense en kinders,jongmans en meisies.

23. Ek het skaapwagters en skapestukkend geslaan met jou,ook boere en trekdiere,Ek het goewerneurs en regeerdersstukkend geslaan met jou.

24. Maar Ek sal Babel en al die mensevan Galdeër-land strafoor al die slegte dinge wat hullein Sion gedoen het,julle het dit gesien.”Dit sê die Here.

25. Die Here sê:“Babel, jy was die bergwat die hele aarde verwoes het,maar hier is Ek, en Ek is téén jou.Ek steek my hand uit teen jouen Ek stoot jou van die rotse afen Ek maak jou soos ’n berg wat verbrand is.

26. Mense sal nie by jou klippe kom vatom weer ’n muur te bou nie,daar sal nooit weer mense in jou woon nie.”Dit sê die Here.

27. Julle moet ’n vlag in die lug ophouoor die aarde,julle moet die ramshoring blaasvir die volke.Julle moet vir die ander volke sêhulle moet gereedmaakom oorlog te maak teen Babel,julle moet die mense van die lande Ararat,Minni en Askenas roep.Julle moet ’n offisier kies en aanstelom al die planne vir die oorlog te maak.Julle moet perde bymekaarmaak,so baie soos sprinkane.

28. Julle moet vir hierdie mense sêhulle moet gereedmaakom oorlog te maak teen Babel:die konings van die Mediërs,die goewerneurs, al die regeerders,en al die mense in die lande waaroorhulle regeer.

29. Die land Babel skud en bewe,want die dinge wat die Here besluit het,sal gebeur.Hy het besluit dat Babel ’n leë plek sal word,’n plek waar nie mense woon nie.

30. Die soldate van Babel het opgehou veg,hulle bly agter die mure,hulle het swak geword, hulle is soos vroue.Die vyande het die huise van die stadaan die brand gesteeken hulle het die poorte oopgebreek.

31. Mense hardloop almal,al die boodskappers bring vir die koning die nuusdat die vyande die stad oorwin heten heeltemal gevat het.

32. Hulle het die vyande by die driwwe oorwinen hulle het die riete aan die brand gesteek.Die soldate van Babel is te bang om iets te doen.

33. Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê:“Ja, Babel is soos ’n dorsvloer,die mense is gereed om die koring te trap.Oor ’n kort tydjie sal die vyande so op hulle trap.”

34. Koning Nebukadnesar was soos ’n monster.Hy het ons ingesluk en opgevreet,daar het niks van ons oorgebly nie.Hy het ons ingesluk, hy het sy maag vol geëet,hy het ons leeggedrink en weggestoot.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51