Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 5:15-20 Bybel vir Almal (ABA)

15. Mense van Israel, Ek sal nou’n volk van ver bring om julle aan te val,’n volk wat lankal daar is, van lank gelede af.Daardie volk praat ’n taal wat julle nie verstaan nie.

16. Hulle soldate kan almal goed oorlog maak,hulle pyle bring dood.

17. Hulle sal julle kos op-eetwat in julle koringlande of in julle huise is,hulle sal julle seuns en julle dogters doodmaak,hulle sal julle skape en bokke en beeste op-eet.Hulle sal julle wingerde en julle vyebome verwoes,hulle sal julle stede wat die sterk mure het,plat slaan met hulle swaarde.

18. Maar ook daardie tydsal Ek julle nie almal laat sterf nie.

19. “Jeremia, hulle sal vra: ‘Hoekom het ons God die Here hierdie dinge aan ons gedoen?’ Jy moet dan vir hulle sê: ‘Julle het weggegaan van My en julle het gode van ander volke gedien in julle land. Net so sal julle ander konings dien in ’n land wat nie aan julle behoort nie.’

20. “Julle moet praat met die nageslag van Jakob, julle moet vir die mense in die land Juda sê:

Lees volledige hoofstuk Jeremia 5