Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 49:15-18 Bybel vir Almal (ABA)

15. Die Here sê vir die Edomiete:“Kyk, Ek sal julle ’n klein volk laat word,kleiner as die ander volke,die mense sal dink julle is nie belangrik nie.

16. Julle het julleself bedrieg,julle het gespog en julle was hoogmoedig.Julle het tussen die rotsehoog in die berge gewoonsoos ’n arend wat sy nesop die hoogste plek maak.Maar Ek sal julle afbring van daar af.”Dit sê die Here.

17. Die Here sê: “Niemand sal in Edom woon nie. Almal wat daar verbygaan, sal skrik en fluit wanneer hulle sien wat met die land gebeur het.

18. Dit sal wees soos toe Ek Sodom en Gomorra en die ander stede daar naby verwoes het. Niemand sal daar woon nie, nie een mens sal daar wil bly nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 49