Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 49:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here praat oor die Ammoniete, Hy sê:“Die Israeliete het seuns wat hulle goed kan erf.Hoekom het die koning van die Ammonietedie Gad-stam se grond gekry?Hoekom het die Ammoniete gaan woonin die stede van Gad?”

2. Die Here sê:“Omdat hulle dit gedoen het,sal Ek eendag oorlog laat komin Rabba, die stad van die Ammoniete.Hulle sal die ramshorings blaas.Die stad Rabba sal ’n hoop klippe word,’n hoop grond word waar niemand woon nie,en die vyande sal die stede naby Rabba verbrand.Dan sal die Israeliete die stede terugkrywat die Ammoniete gevat het.”Dit sê die Here.

3. Mense van Gesbon, julle moet huil,want die vyande sal julle stad verwoes,dit sal ’n hoop klippe word.Vroue van Rabba, julle moet skreeen vra dat iemand julle moet help.Julle moet rouklere aantrek,julle moet rou,julle moet heen en weer looptussen die mure om die koringlande,want die vyande vat julle koning wegna ’n ander land,en sy priesters en sy amptenaremoet saam met hom gaan.

4. Mense van Gesbon, julle dink die valleieen die diep stroom water sal julle beskerm.Julle is opstandige mense,julle dink dit sal julle help as julle baie goed het,julle dink niemand sal julle kom aanval nie.

5. Die Here praat, die Here wat oor alles regeer, sê:“Kyk, Ek laat julle bang word vir almalrondom julle.Vyande sal julle wegjaag na al die kante toe,julle sal vlug en nie agtertoe kyk nie,en niemand sal julle bymekaarmaak nie.

6. Maar later sal Ek dit weer goed laat gaanmet die Ammoniete.”Dit sê die Here.

7. Die Here wat oor alles regeer, praat oor die land Edom. Hy sê:“Is daar nie wysheid in die stad Teman nie?Die wyse mense weet nie wat om te doen nie.Hulle wysheid het vrot geword.

8. Mense wat in Dedan woon,julle moet vlug,julle moet omdraai en diep wegkruip,want Ek sal dit sleg laat gaanmet die nageslag van Esau.Die tyd het gekom wanneer Ekhulle sal straf.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 49