Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 46:22-26 Bybel vir Almal (ABA)

22. Egipte sal vlug, soos ’n slangwat blaas en wegseilwanneer die houtkappers in die bos kom.Die soldate van Babel kom om oorlog te maak,hulle kom soos houtkappers

23. wat die bome in die groot bos van Egiptemet hulle byle afkap.Want daar is meer soldate as sprinkane,niemand kan hulle tel nie.

24. Egipte sal die oorlog ver verloor,die volk uit die noorde sal hulle oorwin.”

25. Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê:“Ek sal nou vir Amon, die god van No, straf. Ek sal ook die farao straf, en sy gode en sy konings, die farao en almal wat dink hy kan hulle help.

26. Ek gee hulle vir die vyande wat hulle wil doodmaak, vir koning Nebukadnesar van Babel en vir sy soldate. Maar daarna sal die mense van Egipte weer in hulle land woon, soos lank gelede.”Dit het die Here gesê.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 46