Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 4:25-29 Bybel vir Almal (ABA)

25. Ek het gekyk,en daar was nie mense nie,en al die voëls het weggevlieg.

26. Ek het gekyk,en waar vrugtebome gegroei het,was nou ’n woestyn,en al die stede in die landwas verwoes.Die Here het dit gedoen,want Hy is kwaad.

27. Ja, die Here sê:“Die vyande sal die hele land verwoes,maar nie alles nie.

28. Ek het gesê wat Ek besluit het,en Ek sal dit doen.Daarom sal die plante in die landdroog word en verlep,en die lug daar bo sal swart word.

29. Al die mense in die stad sal vlugwanneer hulle hoor dat die soldate kom,die soldate op perde en die soldate met pyl en boog.Die mense in die stad sal in die bosse in vlugen teen die rotse probeer opklim.Daar sal niemand oorbly in die stad nie,niemand sal daar woon nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 4