Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 4:21-31 Bybel vir Almal (ABA)

21. Hoe lank sal ons nog sien hoe die vyandehulle vlag swaai,hoe lank sal ons nog die ramshoring hoor blaas?”

22. Die Here sê:“Dit gebeur omdat my volk dwaas is,hulle ken My nie,Hulle is dom kinders, hulle is nie verstandig nie.Hulle weet baie goed om sonde te doen,hulle weet nie hoe om goed te doen nie.”

23. Ek het na die land gekyk, en dit was leeg,niemand het daar gewoon nie.Ek het na die lug gekyk, en die sterrehet nie geskyn nie.

24. Ek het na die berge gekyk,en hulle het almal gebeween heen en weer geskud.

25. Ek het gekyk,en daar was nie mense nie,en al die voëls het weggevlieg.

26. Ek het gekyk,en waar vrugtebome gegroei het,was nou ’n woestyn,en al die stede in die landwas verwoes.Die Here het dit gedoen,want Hy is kwaad.

27. Ja, die Here sê:“Die vyande sal die hele land verwoes,maar nie alles nie.

28. Ek het gesê wat Ek besluit het,en Ek sal dit doen.Daarom sal die plante in die landdroog word en verlep,en die lug daar bo sal swart word.

29. Al die mense in die stad sal vlugwanneer hulle hoor dat die soldate kom,die soldate op perde en die soldate met pyl en boog.Die mense in die stad sal in die bosse in vlugen teen die rotse probeer opklim.Daar sal niemand oorbly in die stad nie,niemand sal daar woon nie.

30. En jy, Jerusalem, stad wat verwoes is,hoekom maak jy soos ’n vrouwat rooi klere aantrek en goue juwele aansiten oogverf aan haar oë smeer?Jy het jou mooigemaak, maar dit help niks.Jy het probeer om vriende te maak,maar jou vriende haat jou nouen hulle wil jou doodmaak.

31. Ja, Ek hoor iemand skree soos ’n vrouwat haar eerste baba kry.Dit is Jerusalem wat nie asem kry nie,wat haar hande uitsteek en sê:‘Dit gaan sleg met my,ek kan niks meer doen nie,hulle vermoor my.’ ”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 4