Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 31:18-29 Bybel vir Almal (ABA)

18. Ek, Jeremia, het iets gehoor, dit is seker:dit is Efraim wat soebat en sê:“U het my geslaan, ek het slae gekrysoos ’n kalf wanneer iemandhom mak wil maak.Bring my terug na U toe,en laat my terugkom,want U is my God die Here.

19. Ek vra dit,want nadat ek weggegaan het van U,was ek jammer daaroor.Ek weet nou beter en ek slaan myselfop my heupe,want ek is skaam, ek voel sleg,ek is skaam oor alles wat ek gedoen hettoe ek jonk was.”

20. “Die mense sal sêEfraim is my kind, Ek is die liefste vir hom,Ek hou die meeste van hom,want elke maal wanneer Ek teen hom praat,dan dink Ek nog aan homen dan word Ek baie hartseer en ontsteld.Daarom sal Ek jammer wees vir homen Ek sal hom help,Ek sál dit doen.”Dit het die Here gesê.

21. Julle moet klippe opmekaar pak,julle moet padtekens maak,julle moet goed kykwaar julle moet loop op die padwaarop julle weggegaan het.Israeliete, julle moet terugkomna hierdie stede van julle.

22. Hoe lank wil julle nog wag en twyfel?Julle is mense wat aanhou weggaan.Want die Here het iets nuut laat gebeurop die aarde:Soos ’n vrou wat na haar man toe draaiwanneer hulle dans,so sal die Israeliete die Here soeken terugkom na Hom toe.

23. Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: “Wanneer Ek dit weer goed laat gaan met die mense van Juda, dan sal hulle in die land Juda en in sy stede weer sê: ‘Gewyde berg, die Here sal jou seën, jy is die berg waar die mense woon wat reg doen.’

24. Al die mense van Juda en sy stede sal saam in Jerusalem woon, die mense wat in die grond werk en ook die wagters wat met hulle skape en bokke na ander plekke trek.

25. Ja, Ek gee nuwe krag vir elkeen wat moeg is, Ek laat elkeen wat honger is, meer as genoeg kos kry.

26. “Dit is hoekom Ek wakker geword het en gesien het dat die tyd gekom het om mense te red.”

27. Die Here sê: “Die tyd sal kom wanneer Ek die mense van Israel en die mense van Juda baie sal laat word. Hulle en hulle diere sal baie word.

28. Voorheen wou Ek hulle uitruk en afbreek, omgooi en verwoes en Ek wou dit sleg laat gaan met hulle. Maar nou wil Ek hulle bou en plant.

29. Voorheen het die mense gesê: ‘Die pa’s het suur druiwe geëet en daarom het die kinders se tande stomp geword.’ Hulle sal nie meer so sê nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 31