Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 22:15-28 Bybel vir Almal (ABA)

15. Jojakim, dink jy dat jy ’n koning isomdat jy hou van baie sederhout?Jou pa het elke dag geëet en gedrink,en hy het ook elke dag reg gedoen aan mense,en dit het goed gegaan met hom.

16. Hy het reg gedoen aan arm mense,mense wat hulleself nie kon help nie.Toe het dit goed gegaan.Dit wys dat hy geweet het wie Ek is.”Dit sê die Here.

17. “Maar jy, Jojakim, jy wil alles hê wat jy sien,jy laat onskuldige mense sterf,jy vat alles wat jy wil hê en jy verdruk die mense.”

18. Die Here sê oor Jojakim seun van koning Josia van Juda:“Daarom sal Jojakim se familie nie oor hom rou nieen die mense oor wie hy regeer, sal nie oor hom rou nie.

19. Wanneer hulle hom begrawe, dan sal dit weessoos wanneer mense ’n donkie uit die stad sleepen buite weggooi.”

20. Die Here sê vir koning Jojakim:“Jy moet opklim teen die Libanon-bergen jy moet huil,jy moet hard skree in die land Basan,jy moet gaan staan op die Abarim-bergeen vra iemand moet jou help,want daar het niemand oorgebly nie,almal vir wie jy lief was, is dood.

21. Ek het met jou gepraat toe ditgoed gegaan het met jou,maar jy het gesê jy sal nie luister nie.Jy was nie gehoorsaam aan My nie,vandat jy jonk was.

22. Nou sal die wind jou vriendena al die kante toe waai,en die mense wat lief was vir jou,sal gevangenes word.Ja, vyande sal jou verneder,jy sal nie weet wat om te doen nie,want jy het slegte dinge gedoen.

23. Jy woon nou in ’n paleis van sederhoutwat uit die Libanon-berg kom,maar jy sal baie seer kry en huil,jy sal skree soos ’n vrou wat ’n baba kry.”

24. Die Here sê: “So seker soos Ek lewe, koning Jojagin van Juda, seun van Jojakim, jy was vir My belangrik, jy was soos ’n seëlring aan my regter-hand, maar Ek sal jou afruk van my vinger.

25. Ek gee jou vir koning Nebukadnesar van Babel en vir die Galdeërs. Hulle is die mense wat jou wil doodmaak, jy is bang vir hulle.

26. Ek sal jou en jou ma weggooi in ’n ander land, ’n land wat nie julle eie land is nie. Julle sal daar sterf.

27. Julle sal verlang na julle land, maar julle sal nie terugkom hiernatoe nie.”

28. Is Jojagin soos ’n kleipot wat niemand wil hê nie? Hoekom het die Here vir Jojagin weggegooi in ’n land wat hy nie ken nie, vir Jojagin en sy nageslag?

Lees volledige hoofstuk Jeremia 22