Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 20:1-14 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die priester Pasgur was die hoof-opsigter van die tempel, en hy het gehoor wat Jeremia sê.

2. Pasgur het die profeet Jeremia geslaan en hy het Jeremia in die blok gesit wat in die tempelpoort, die Boonste Benjamin-poort, was.

3. Toe hy Jeremia die volgende oggend uit die blok haal, het Jeremia vir hom gesê: “Die Here sê jou naam is nie meer Pasgur nie, jou naam is nou Skrik-van-al-die-kante.

4. Ja, die Here sê: Ek sal jou laat skrik vir jouself, en jou hele familie sal skrik. Jy sal sien hoe hulle vyande hulle doodmaak. Ek gee al die mense in die land Juda vir die koning van Babel. Hy sal hulle oorwin en hy sal party mense doodmaak en party wegvat na die land Babel.

5. En Ek gee al die goed van hierdie stad vir die vyande, al die mooi goed wat die mense en die konings van Juda het. Die vyande sal alles vat wat hulle wil hê en hulle sal dit wegvat na Babel.

6. En, Pasgur, jy en almal in jou huis sal gevangenes word in Babel. Jy het gelieg toe jy gesê het dat die Here jou gestuur het. Julle sal daar in Babel sterf en die mense sal jou daar begrawe.”

7. Here, U het my bedrieg,en ek het geglo wat U gesê het,U was te sterk vir my, U het gewen.Die mense lag die hele dag vir my,almal spot my,

8. want elke maal wanneer ek moet praat,dan moet ek skree en sêhoe hierdie mense ander mense seermaaken laat swaarkry.Die mense spot my en hulle lag vir myomdat ek sê wat U vir my sê.

9. En wanneer ek dink ek sal U vergeeten ek sal nie u profeet wees nie,dan brand dit soos ’n vuur binne-in my.Ek probeer stilbly, maar ek is moeg,ek kan nie meer nie.

10. Want ek hoor hoe sê die mensesaggies vir mekaar:“Hy het gesê daar kom skrik van al die kante.Kom ons sê vir almal wat Jeremia sê,kom ons beskuldig hom.”Almal wat my vriende was,wag ook dat dit sleg moet gaan met my.Hulle sê: “Miskien kan ons vir Jeremiaiets laat doen wat verkeerd is,dan kan ons hom vang en hom strafoor die dinge wat hy doen.”

11. Maar, Here, U is die Sterk Soldaatwat my beskerm.Daarom sal my vyande val,hulle sal nie wen nie.Hulle sal verloor,hulle sal nie regkry wat hulle wil doen nie,almal sal aanhou om hulle te spot.

12. Here, U wat oor alles regeer,U wat weet wat mense dink,U moet vir my wys hoe U my vyande straf,want ek het vir U gesê wat hulle doen.

13. Julle moet vir die Here sing, julle moet Hom prys,want Hy red mense wat hulleself nie kan red nie,Hy red hulle van slegte mense.

14. Ek wens ek was nooit gebore nie,ek wens die dag toe my ma my gekry het,het nooit gekom nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 20