Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 18:9-15 Bybel vir Almal (ABA)

9. Of Ek kan nou sê Ek wil ’n volk of ’n land bou en plant,

10. maar wanneer daardie volk ongehoorsaam is en dinge doen waarvan Ek nie hou nie, dan sal Ek besluit Ek sal nie aan hulle die goeie dinge doen wat Ek belowe het nie.

11. Daarom moet jy vir die mense van Juda en vir die mense wat in Jerusalem woon, sê die Here sê: Ek wil dit sleg laat gaan met julle, Ek het dit klaar besluit. Julle moet ophou om slegte dinge te doen, julle moet reg lewe en julle moet goeie dinge doen.

12. Jeremia, Ek weet die mense sal sê dit maak nie saak nie, hulle wil doen wat hulle wil. Hulle is hardkoppig, elkeen wil doen wat sy slegte hart vir hom sê.

13. Daarom sê Ek:“Gaan vra vir ander volkeof hulle al so iets gehoor het.Die Israeliete het ’n baie lelike ding gedoen.

14. Op die Libanon-berg is daar altyd sneeuen die riviertjies koue water wat van ver kom,hou aan om te vloei.

15. Maar my volk het My vergeeten hulle het wierook-offers gebringvir gode wat nie regtig gode is nie.Die volk het nie aangehou loopop die goeie ou paaie nie,hulle het begin loop op paaiewat nie paaie is nie,en hulle het oor die klippe begin val.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 18