Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 18:4-11 Bybel vir Almal (ABA)

4. Maar die ding wat hy van klei gemaak het, was nie reg nie, en toe maak hy van die klei iets anders soos hy dit wou hê.

5. Die Here het toe vir my gesê: “Jy moet vir die mense sê die Here sê:

6. Israeliete, Ek kan met julle doen soos die pottebakker met die klei doen.

7. Ek kan nou sê Ek wil ’n volk of ’n land uitruk en omgooi en verwoes,

8. en wanneer daardie volk ophou om die slegte dinge te doen waaroor Ek hulle wil straf, dan sal Ek besluit Ek straf hulle nie.

9. Of Ek kan nou sê Ek wil ’n volk of ’n land bou en plant,

10. maar wanneer daardie volk ongehoorsaam is en dinge doen waarvan Ek nie hou nie, dan sal Ek besluit Ek sal nie aan hulle die goeie dinge doen wat Ek belowe het nie.

11. Daarom moet jy vir die mense van Juda en vir die mense wat in Jerusalem woon, sê die Here sê: Ek wil dit sleg laat gaan met julle, Ek het dit klaar besluit. Julle moet ophou om slegte dinge te doen, julle moet reg lewe en julle moet goeie dinge doen.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 18