Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 18:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek, Jeremia, het gehoor die Here sê vir my:

2. “Jy moet na die pottebakker se huis gaan. Ek sal daar met jou praat.”

3. Ek het na die pottebakker se huis gegaan, en hy was toe besig om iets te maak.

4. Maar die ding wat hy van klei gemaak het, was nie reg nie, en toe maak hy van die klei iets anders soos hy dit wou hê.

5. Die Here het toe vir my gesê: “Jy moet vir die mense sê die Here sê:

6. Israeliete, Ek kan met julle doen soos die pottebakker met die klei doen.

7. Ek kan nou sê Ek wil ’n volk of ’n land uitruk en omgooi en verwoes,

Lees volledige hoofstuk Jeremia 18