Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 17:1-16 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here sê:“Niemand kan die sondevan die mense van Juda uitvee nie.Dit is geskryf op hulle harde harten op die horings van hulle altaresoos ’n mens letters op klip uitkrapmet ’n ysterpen wat ’n diamant-punt het.

2. Dit moet hulle laat dink aan hulle seuns,aan hulle altare en aan hulle gewyde paleby die groen bome en op die hoë heuwels,op die berge van die land.

3. Ek sal alles wat julle besit,vir julle vyande gee om te vat,al julle mooi goed,want julle het offer-plekke oral in julle land gebouen julle het sonde gedoen.

4. Julle sal moet weggaan uit die landwat Ek vir julle gegee het,en Ek sal julle vir julle vyande laat werkin ’n land wat julle nie geken het nie,want Ek is kwaad vir julle.Dit is soos ’n vuur wat altyd sal aanhou brand.”

5. Die Here sê:“Ek vervloek die man wat weggaan van My,die man wat dink dat ’n mens wat kan sterf,hom kan help en hom sterk kan maak.

6. So iemand sal word soos ’n bossiein ’n plek waar dit nie reën nie,’n bossie wat altyd in die warm son staanen in ’n klip-woestyn groei,in sout-grond waar niks lewe nie.”

7. Die Here sal die man seën wat glodat die Here hom sal help en hom sal beskerm.

8. So iemand sal wees soos ’n boomwat naby die water staan.Sy wortels kom tot by die waterstroom,en hy voel nie wanneer dit warm word nie.Sy blare is altyd groen,en wanneer dit nie reën nie,dan is hy nie bekommerd nie,hy hou aan om vrugte te dra.

9. Mense bedrieg hulleself en ander mense,hulle kan nie ophou om dit te doen nie,hulle verstaan hulleself nie.

10. Maar Ek, die Here, sien wat mense dinken wat hulle wil doen,en Ek straf hulle oor wat hulle doen.

11. ’n Mens wat ryk wordomdat hy ander mense bedrieg,is soos ’n fisant wat op ander fisantese eiers broei.So ’n mens sal alles verloor wat hy het,hy sal dit verloor voordat hy oud is,en hy sal sterf soos ’n dwaas.

12. Die plek waar ons tempel staan,was nog altyd hoog,die Here is daar,soos ’n koning wat op sy troon sit.

13. Here, U is God, Israel hoop op U.Dit sal sleg gaan met die mensewat weggaan van U.U skryf hulle name op, hulle sal sterf,want hulle het weggegaan van Uwat lewe gee.U is soos ’n fontein wat altyd water heten wat mense laat lewe.

14. Here, wanneer U my gesond maak,dan sal ek gesond wees,wanneer U my red,dan sal dit goed gaan met my.Ja, Ek sal U prys.

15. U hoor wat die mense sê.Hulle vra vir my:“As die Here jou gestuur het om te praat,wanneer sal die dinge gebeur wat jy sê?”

16. Here, ek het aangehouom ’n herder te wees vir u volken ek het nie gewens dat die dag gou moet kom nie,die dag wanneer U hulle sal straf.U weet wat ek gesê het, U het dit gehoor.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 17