Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 16:12-21 Bybel vir Almal (ABA)

12. En júlle, julle het slegter dinge gedoen as julle voorvaders. Julle is hardkoppig, julle lewe soos julle self besluit, julle is nie gehoorsaam aan My nie.

13. Ek sal julle ver weggooi uit hierdie land tot in ’n land wat julle en julle voorvaders nie geken het nie, en daar sal julle elke dag en elke nag vir ander gode werk, en Ek sal nie jammer wees vir julle nie.’ ”

14. Die Here sê: “Dit sal gebeur, en daarom sal daar ’n tyd kom wanneer die mense nie meer sal sê: ‘So seker soos die Here lewe wat die Israeliete uit Egipte gebring het’ nie.

15. Nee, hulle sal dan sê: ‘So seker soos die Here lewe wat die Israeliete gebring het uit die land in die noorde en uit al die lande waarnatoe Hy hulle weggejaag het.’ Ek sal hulle terugbring na die land wat Ek vir hulle voorvaders gegee het.

16. Maar nou stuur Ek baie vyande wat die Israeliete sal vang soos mense vis vang, en hulle sal die Israeliete doodmaak soos mense wilde diere jag, op al die berge en tussen die rotse.

17. Ek doen dit omdat Ek alles sien wat hulle doen. Hulle kan niks wegsteek vir My nie, Ek sien die verkeerde dinge wat hulle doen.

18. Ek sal hulle twee maal straf oor elke verkeerde ding en sonde wat hulle doen. Hulle het my land ontwy met hulle dooie afgode, hulle het die land wat aan My behoort, volgemaak met dinge wat Ek haat.”

19. Ek, Jeremia, het gebid en gesê:“Here, dit is U wat my sterk maak en my beskerm,U wat my veilig laat voel wanneer daar gevaar is.Volke uit ver lande sal na U toe komen hulle sal sê: ‘Waarlik, ons voorvadershet gode gedien wat nie gode is nie,daardie gode beteken niks,hulle kan ons nie help nie.’

20. Mense maak vir hulle gode,maar dit is nie gode nie.”

21. Die Here het geantwoord en gesê:“Daarom sal Ek vir die Israeliete leer.Ek sal vir hulle nou leer wat Ek kan doen,en hulle sal besef dat my Naam die Here is.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 16