Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 15:10-17 Bybel vir Almal (ABA)

10. Ek, Jeremia, het gesê:“Ma, dit gaan sleg met my.Ek, jou kind, moet al die mense in die land beskuldigen vir hulle sê hulle het verkeerd gedoen.Ek het vir niemand geld geleen nie,en ek het by niemand geld geleen nie,maar almal wil hê ek moet sterf.”

11. Die Here het vir my gesê:“Dit is waar,maar Ek het jou hardkoppig gemaak,en dit was goed vir jou.Dit is waar,maar Ek het jou beskerm teen jou vyandetoe dit sleg gegaan het met jouen toe jy swaargekry het.”

12. Die Here het vir die mense van Juda gesê:“Julle is soos yster,maar die vyande uit die noordeis soos yster en brons,julle kan hulle nie breek nie.

13. Julle almal in julle hele land het sonde gedoen.Daarom gee Ek julle baie en duur goedverniet weg, die vyande kan dit vat.

14. Julle vyande sal julle wegvat na ’n landwat julle nie ken nie.Ek sal dit laat gebeur, want Ek is kwaad vir julleen Ek wil julle straf.Dit sal wees soos ’n vuur wat brand.”

15. Ek, Jeremia, het vir die Here gesê:“U weet hoe die mense my vernederomdat ek aan U behoort.Dink aan my en beskerm myen straf die mense wat my wil vangen doodmaak.Moenie aanhou kwaad wees vir myen my laat sterf nie.

16. Toe U met my gepraat het,was u woorde vir my soos kos wat ek kon eet.Ek was bly, want Here, God wat oor alles regeer,U het gesê ek behoort aan U.

17. Maar ek kon nie saam met ander mense siten gesels en lagen dit geniet nie, ek het alleen gesitomdat ek aan U behoort.U was kwaad en U het my ook kwaad laat word.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 15