Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 12:12-17 Bybel vir Almal (ABA)

12. Die mense het gekom oor die heuwelsin die woestyn waar daar niks plante groei nie,hulle het gekom om die land te verwoes.”Die Here het hulle gestuur,hulle is die swaard waarmee Hy mense doodmaakin die hele land.Daar is vir niemand vrede nie.

13. Die mense van Juda en Jerusalemhet koring gesaai, maar hulle het dorings gekry.Hulle het gewerk totdat hulle moeg was,maar hulle het niks gekry nie.Hulle het niks, want die Here is kwaad vir hulle.

14. Die Here sê: “Ek praat oor die ander volke rondom my volk. Hulle het die grond gevat wat Ek vir my volk Israel gegee het. Nou sal Ek hulle wegvat uit hulle lande, en Ek sal die mense van Juda wegvat wat by hulle is.

15. Maar nadat Ek hulle weggevat het, sal Ek jammer wees vir hulle en Ek sal hulle terugbring, elkeen na sy eie grond en sy eie land.

16. Hulle het vir my volk geleer om Baäl te dien, maar, so seker soos Ek lewe, as hulle leer om My te dien soos my volk My dien, dan sal hulle ook my volk word.

17. Maar as ’n volk nie gehoorsaam is aan My nie, dan sal Ek hulle heeltemal wegvat en laat sterf.”Dit het die Here gesê.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 12