Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 10:1-13 Bybel vir Almal (ABA)

1. Mense van Israel, julle moet hoor wat sê die Here vir julle.

2. Hy sê: “Julle moenie doen soos die heidene nie.Julle moenie bang wees vir tekens in die lug nie,want die heidene is bang daarvoor.

3. Die dinge wat die heidene doen, is soos wind.Iemand kap ’n stuk hout af in die bosen ’n ambagsman kap dit reg met ’n byl.

4. Hy trek dit oor met silwer en gouden hy slaan dit vas met spykerssodat dit nie omval nie.

5. Die beeld staan daar soos ’n pilaarwat iemand oorgetrek het met goud.Dit praat nie, en iemand moet dit dra,want dit kan nie loop nie.Julle moenie bang wees vir beelde nie,want hulle kan niks doen nie,nie goed nie en nie sleg nie.”

6. Here, niemand is soos U nie, U is groot,almal weet U is sterk.

7. U is Koning oor die volke,en almal moet U eer,want by al die wyse menseen al die konings van die volkeis daar niemand soos U nie.

8. Die heidene is dom en dwaas,want hulle gode kan vir hulle niks leer nie,dit is stukke hout wat niks beteken nie.

9. Hulle bring silwer uit die land Tarsis,hulle trek die beelde oor met silwer en gouden hulle trek vir die beelde klere aanvan pers en rooi wol.Ambagsmanne doen al hierdie werk.

10. Maar die Here is die ware God wat lewe,Hy is Koning vir altyd,en al die mense op die aarde bewewanneer Hy kwaad is.

11. Julle moet vir die heidene sê daardie godewat nie die hemel en die aarde gemaak het nie,sal verdwyn van die aarde af.

12. Die Here het die aarde en die hemel gemaak.Hy het dit gedoen met sy krag en sy wysheid.

13. Wanneer Hy praat, dan raas die water in die hemel.Hy bring die wolke van ver oor die aarde,Hy laat die weerlig slaan en die wind waai.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 10