Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 1:17-19 Bybel vir Almal (ABA)

17. “Jeremia, jy moet nou begin, jy moet gereedmaak en vir die mense alles sê wat Ek vir jou sê. Jy moenie vir hulle skrik nie, want dan sal Ek jou baie meer laat skrik vir hulle.

18. Wat Ek sal doen, is dit: Ek maak jou vandag sterk, so sterk soos ’n stad wat sterk mure het, soos ’n ysterpilaar en ’n muur van brons. Jy sal sterk wees teen die hele land, teen die konings, teen die amptenare en priesters van Juda, en teen al die belangrike mense in die land.

19. Hulle sal met jou baklei, maar hulle sal jou nie wen nie, want Ek is by jou om jou te red.”Dit is wat die Here gesê het.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 1