Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 1:13-18 Bybel vir Almal (ABA)

13. Die Here het ’n tweede maal met my gepraat en gevra: “Wat sien jy?” en ek het gesê: “Ek sien in die noorde ’n pot wat kook, dit kook oor hiernatoe.”

14. Toe sê die Here vir my: “Ek sal uit die noorde iets laat gebeur. Dit sal almal laat swaarkry wat in hierdie land woon.

15. Ja, Ek roep nou al die konings van die lande in die noorde. Hulle sal kom, en elkeen sal sy troon neersit voor die poorte van Jerusalem, Jerusalem met sy sterk mure. Hulle sal begin om die mense van Jerusalem te oordeel en te straf, en ook die mense van die stede van Juda.

16. So sal Ek die mense in die land oordeel en straf oor al die verkeerde dinge wat hulle gedoen het. Hulle het opgehou om My te dien. Hulle het wierook-offers gebring vir ander gode en hulle het beelde aanbid wat hulle self gemaak het.”

17. “Jeremia, jy moet nou begin, jy moet gereedmaak en vir die mense alles sê wat Ek vir jou sê. Jy moenie vir hulle skrik nie, want dan sal Ek jou baie meer laat skrik vir hulle.

18. Wat Ek sal doen, is dit: Ek maak jou vandag sterk, so sterk soos ’n stad wat sterk mure het, soos ’n ysterpilaar en ’n muur van brons. Jy sal sterk wees teen die hele land, teen die konings, teen die amptenare en priesters van Juda, en teen al die belangrike mense in die land.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 1