Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 9:11-17 Bybel vir Almal (ABA)

11. “Alles sal verdwyn waarop die mensevan Efraim trots was.Dit sal wees soos wanneer ’n duifwegvlieg en nie terugkom nie.Die mense van Efraimsal nie meer kinders kry nie.

12. En wanneer hulle probeer om die kinderswat hulle het, groot te maak,dan sal Ek die kinders doodmaak.Daar sal niemand oorbly nie.Dit sal sleg gaan met hullewanneer Ek hulle los en weggaan.

13. Die mense van Efraimwas vir My soos jong palmbomein goeie grond,maar nou moet die mensevan Efraim hulle kinders bringsodat iemand hulle kan doodmaak.”

14. Die profeet Hosea het gebid en gesê:“Here, wat sal U doen met die mensevan Israel?Dít is wat U moet doen:Hulle vroue moeniemeer kinders kry nie.”

15. Die Here het gesê:“Die mense van Israelhet by die stad Gilgal beginom sonde te doen.Ek het hulle daardie tyd begin haatomdat hulle verkeerd gedoen het.Ek sal hulle nou wegjaaguit my tempel,want Ek wil nie meer lief weesvir hulle nie.Hulle amptenare wil nieluister na My nie.

16. Die mense van Efraim het gewordsoos wingerdstokkewat siek isen wat nie druiwe dra nie,hulle wortels is droog.Die mense van Efraimkry nie kinders nie,en as hulle miskien kinders kry,dan sal Ek die kinders doodmaak.”

17. Die profeet Hosea het gesê:“My God sê die mense van Efraimis nie meer sy volk nie,want hulle het niegeluister na Hom nie.Daarom moet hulle nou rondswerf tussen ander volke.”

Lees volledige hoofstuk Hosea 9