Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 9:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die mense van Israelmoenie feesvier en juigsoos die ander volke nie,want hulle was ontrouaan hulle God.Hulle het die afgod Baäl gedienop al die dorsvloere.

2. Hulle sal nie koringen olyf-olie kry nie,en ook nie wyn nie.

3. Hulle sal nie altyd woonin die land van die Here nie.Die mense van Efraimsal teruggaan na Egipteen hulle sal onrein kos eetin Assirië.

4. Daar sal hulle nie vir die Herewyn kan offer nie.Die Here sal nie houvan hulle offers nie.Die kos wat hulle eet,sal hulle onrein maak.Dit sal wees soos die koswat mense eetwanneer hulle rouoor iemand wat dood is.Dit is kos wat onrein is,en wat hulle nie in die tempelvan die Here mag bring nie.

5. Hulle sal nie kan bymekaarkomom die Fees van die Herete vier nie.

6. Want hulle mense wat nog lewe,sal in Egipte gaan woon.Hulle grafte salin die stad Memfis wees.Hulle mooi silwergoedsal tussen die bossies lê,en in hulle tentesal dorings groei.

Lees volledige hoofstuk Hosea 9