Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 8:2-8 Bybel vir Almal (ABA)

2. Hulle roep en sê vir My:‘U is ons God.Ons is u volk Israel,ons is naby U.’

3. Maar hulle het opgehouom goed te doen.Daarom sal die vyandehulle aanval.

4. “Hulle het koningsen amptenare gekiesen aangestel,maar hulle het nie vir My gevrawie hulle moet aanstel nie.Hulle het beelde gemaakvan goud en silwer.Daarom sal die vyandehulle doodmaak.

5. Hulle het in Samaria’n beeld gemaakvan ’n bul-kalf.Ek hou nie daarvan nie,Ek is baie kwaad vir hulle.Hoe lank sal hulle onrein bly?Altyd?

6. Daardie beeld is nie ’n god nie,want ’n Israeliet het ditmet sy hande gemaak.Daarom sal die vyandedie kalfbeeld van Samariastukkend slaan.

7. “Die mense van Samariawas soos die wind,maar die vyandesal soos ’n stormwind wees.Die vyande sal die bietjie koringwat julle afsny, alles op-eet.

8. Die Israeliete kry swaartussen die ander volke.Niemand hou van hulle nie,

Lees volledige hoofstuk Hosea 8