Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 7:5-16 Bybel vir Almal (ABA)

5. Hulle koning het feesgevier,en toe het hulle sy amptenarebaie dronk gemaak.Die mense wat vir die koning moes help,het gesit en lag.

6. Hulle is soos die kole in ’n oondwat in die nag warm blyen in die oggend weer begin brand.Hulle wag vir die regte tydom die koning dood te maak.

7. Hulle is soos die vuur in ’n oondwat aanhou brand,hulle maak hulle leiers dood.Hulle konings sterf almal,maar hulle vra niedat Ek hulle moet help nie.

8. “Die mense van Efraim lewetussen ander volke,en die volke doen met die mensevan Efraim wat hulle wil.Efraim beteken nou niks.

9. Mense van ander landeregeer oor hulleen maak hulle swak,maar hulle weet dit nie.Hulle is soos broodwat oud en muf geword het,maar hulle weet dit nie.

10. Die mense van Israelhet gedink hulle is belangrik,maar hulle is nie meer belangrik nie.Hulle het nie teruggekomna hulle God die Here nie.Dit het sleg gegaan met hulle,maar hulle het nie vir die Here gevrawat hulle moet doen nie.

11. Die mense van Efraimis soos ’n duif wat dom is.Hulle vra vir Egipteom hulle te help, maar danvlieg hulle na Assirië toe.

12. Ek sal hulle vangsoos ’n mens voëls vang.Ek sal ’n vangnetoor hulle gooi en hulle vangwanneer hulle opvlieg.

13. Dit sal sleg gaan met hulle,want hulle het weggevlug van My.Hulle sal baie swaar kry,want hulle wou nie luister na My nie.Ek wou hulle red,maar hulle het gelieg vir My.

14. “Hulle het gebid en gevradat Ek hulle moet help,maar hulle was vals.Hulle lê op die bed en huilen hulle sny hulleself met messe,want hulle dink Baälsal vir hulle koring en wyn gee.Hulle dien My nie meer nie.

15. Dit is Ék wat hulle grootgemaak heten wat vir hulle geleer het.Ek het hulle sterk laat word,maar hulle maak slegte planneteen My.

16. Hulle gaan na gode toewat nie kan help nie.Hulle is soos ’n boog wat breekwanneer jy ’n pyl wil skiet.Hulle amptenare sal sterfin oorlog, want hullehet hulleself vervloek.Die Egiptenaars sal vir hulle lag.”

Lees volledige hoofstuk Hosea 7