Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 6:4-11 Bybel vir Almal (ABA)

4. Maar die Here sê ook:“Wat moet Ek met julle doen,mense van Israel en Juda?Julle liefde is soos ’n wolkof soos dou.Dit is vroeg in die oggend daar,maar dit verdwyn gou.

5. Dit is hoekom Ekdie profete gestuur hetom hard te praat met julleen vir julle te sê dat julle sal sterf.Ek wou julle straf, so sekersoos die son elke dag opkom.

6. Ek wou julle straf,want offers en brand-offersis nie vir My belangrik nie.Ek wil hê julle moet lief wees vir Myen julle moet naby My wees.

7. Julle het die verbondmet My gebreeksoos julle gedoen hetin die stad Adam.Julle was toe ontrou aan My.

8. Al die mense in die land Gileadhet verkeerde dinge gedoen,hulle was skelmen hulle het mense vermoor.

9. Die klomp priestershet soos diewe gelê en waglangs die pad na die stad Sigemen hulle het mense vermoor.Hulle het verkeerde dinge gedoen.

10. Die dinge wat Ek in die volk Israel sien,is baie verkeerd.Die mense van Israelis ontrou aan My,hulle het hulleself onrein gemaak.”

11. Die Here het gesê:“Wanneer Ek dit weergoed laat gaan met my volk,dan sal Ek dit ook doenvir die mense van Juda.

Lees volledige hoofstuk Hosea 6