Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 11:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het gesê:“Toe Israel ’n jong seun was,was Ek lief vir hom.Ek het my seun uit Egipte geroep.

2. Ek het die mensevan Israel geroep,maar hulle het weggegaan van My.Hulle het vir die Baäls gaan offer,hulle het vir beelde offers gebring.

3. Dit was Ék wat vir Efraimgeleer het om te loop.Ek het hulle in my arms gedra,maar hulle het nie onthoudat dit Ek iswat hulle gesond maak nie.

4. Ek was goed vir hulle,Ek was lief vir hulle.Ek het hulle gedrasoos ’n mens ’n baba dra,Ek het gebuk en vir hulle kos gegee.

Lees volledige hoofstuk Hosea 11