Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 1:6-10 Bybel vir Almal (ABA)

6. Gomer het weer swanger geword en sy het ’n dogter gekry.Die Here het gesê:“Jy moet haar noem‘Nie-Weer-Goed-Wees-Nie,’“want Ek sal nooit weer goed wees vir die mense van Israel nie. Nee, Ek sal hulle wegvat uit hulle land, Ek sal dit doen.

7. “Maar vir die mense van Juda sal Ek goed wees. Ek is hulle God die Here, en Ek sal hulle red. Ek sal dit nie doen met wapens en oorlog nie, nie met soldate op perde nie.”

8. Gomer se dogter, Nie-Weer-Goed-Wees-Nie, het grootgeword en sy het nie meer aan haar ma gedrink nie. Gomer het toe weer swanger geword en sy het ’n seun gekry.

9. Die Here het gesê:“Jy moet hierdie seun noem ‘Nie-My-Volk-Nie,’ want julle is nie meer my volk nie, en Ek is nie meer julle God nie.”

10. “Maar eendag sal die Israelieteso baie weessoos die sand by die see,’n mens kan dit nie meet of tel nie.Ek het vir hulle gesê:‘Julle is nie my volk nie,’maar daardie dagsal die mense vir hulle sê:‘Julle is kinders van die God wat lewe.’

Lees volledige hoofstuk Hosea 1