Ou Testament

Nuwe Testament

Habakuk 2:18-20 Bybel vir Almal (ABA)

18. ’n Beeld van ’n afgodbeteken niks.Iemand het die beeld gemaak,en die beeld laat mense lieg.Die mens wat die beeld gemaak het,dink die beeld sal hom help,maar die beeld kan nie praatof iets doen nie.

19. Dit sal sleg gaan met iemandwat vir ’n stuk hout of ’n klip sê:“Jy moet wakker word,jy moet opstaan!”Die beeld kan nie vir homiets leer nie.Hy het die beeld oorgetrekmet goud of silwer,maar die beeld lewe nie.

20. Die Here is insy gewyde tempel.Almal op die aarde moet stil weesvoor Hom.

Lees volledige hoofstuk Habakuk 2