Ou Testament

Nuwe Testament

Habakuk 2:14-20 Bybel vir Almal (ABA)

14. Die see is vol water.So sal die aardevol mense weeswat die Here ken.Hulle sal weet dat Hy God isen dat Hy oor alles regeer.

15. Dit sal sleg gaan met mensewat vir ander mense drank geeom te drinken wat die drank so sterk maakdat die mense dronk worden kaal gaan lê.

16. Nou sal al die mensevir julle ook spot.Niemand sal julle respekteer nie,want julle sal ook drinken kaal gaan lê.Die Here sal sy bekervan swaarkry vir julle gee,en julle sal daaruit moet drink.Niemand sal julle respekteer nie.

17. Julle het die bosseop die Libanon-berg afgekap,julle het die diere doodgemaak.Nou sal ander mensejulle ook doodmaak,want julle het oorlog gemaaken julle het mense doodgemaak in elke stad.

18. ’n Beeld van ’n afgodbeteken niks.Iemand het die beeld gemaak,en die beeld laat mense lieg.Die mens wat die beeld gemaak het,dink die beeld sal hom help,maar die beeld kan nie praatof iets doen nie.

19. Dit sal sleg gaan met iemandwat vir ’n stuk hout of ’n klip sê:“Jy moet wakker word,jy moet opstaan!”Die beeld kan nie vir homiets leer nie.Hy het die beeld oorgetrekmet goud of silwer,maar die beeld lewe nie.

20. Die Here is insy gewyde tempel.Almal op die aarde moet stil weesvoor Hom.

Lees volledige hoofstuk Habakuk 2