Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 8:12-22 Bybel vir Almal (ABA)

12. Hy het nog sewe dae gewag. Toe het hy weer die duif laat uitgaan, maar die duif het nie na hom toe teruggekom nie.

13. Toe Noag 601 jaar oud was, op die eerste dag van die eerste maand, was die water weg. Noag het die ark oopgemaak en gesien die grond het begin droog word.

14. Op die sewe-en-twintigste dag van die tweede maand was die aarde droog.

15. Toe sê God vir Noag:

16. “Jy en jou vrou en jou seuns en jou skoondogters moet nou uit die ark uitgaan.

17. Al die diere en die voëls wat by jou in die ark is, moet saam met jou uitgaan. Hulle moet meer word sodat daar weer baie diere oral op die aarde kan wees.”

18. Noag en sy seuns, sy vrou en sy skoondogters het toe almal uit die ark gegaan.

19. Al die verskillende soorte diere en voëls het ook uit die ark gegaan.

20. Noag het ’n altaar gebou om vir die Here ’n offer te bring.Hy neem toe een van elke soort rein dier en een van elke soort rein voël, en hy offer brand-offers op die altaar vir die Here.

21. Die offers het lekker geruik vir die Here, en Hy het gesê: “Ek sal nooit weer die aarde vervloek omdat Ek die mense wil straf nie. Die mense is so, hulle dink net slegte dinge vandat hulle gebore is. Maar Ek sal nie weer al die mense en diere doodmaak soos Ek nou in die watervloed gedoen het nie.

22. “So lank soos die aardehier sal wees,sal daar ’n tyd wees om te planten ’n tyd om te oes,’n tyd wanneer dit koud is,en ’n tyd wanneer dit warm is,somer en winter, dag en nag.Dit sal altyd so wees.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 8