Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 7:11-19 Bybel vir Almal (ABA)

11. Noag was 600 jaar oud en dit was die sewentiende dag van die tweede maand van die jaar. Die fonteine onder die grond het oopgegaan en die water het uitgekom. God het ook die water wat bokant die ronde dak is, op die aarde laat val.

12. Die reën het 40 dae en 40 nagte lank op die aarde geval.

13. Dit het begin reën dieselfde dag toe Noag in die ark ingegaan het saam met sy seuns Sem, Gam en Jafet, en ook sy vrou en sy drie skoondogters.

14. Hulle was saam met al die wilde diere, al die mak diere, al die diere wat kruip en al die voëls.

15. Al die diere het twee-twee na Noag toe in die ark gekom.

16. ’n Mannetjie en ’n wyfie van elke soort dier het gekom, soos God vir Noag gesê het. Daarna het die Here die ark se deur agter hulle toegesluit.

17. Dit het 40 dae aanmekaar gereën, en die water het oor die aarde gestroom. Die water het meer en meer geword. Die water het die ark opgelig.

18. Die water het baie diep geword en die ark het bo-op gedryf.

19. Die water was bo-oor die hele aarde en oor al die hoë berge.

Lees volledige hoofstuk Genesis 7