Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 48:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Kort daarna het Josef gehoor dat sy pa siek is. Josef gaan toe na Jakob toe en hy neem sy twee seuns Manasse en Efraim saam met hom.

2. Hy het iemand gestuur om vir Jakob te sê: “Jou seun Josef het na jou toe gekom.”Jakob het dadelik beter gevoel en hy het regop gesit op die bed.

3. Jakob het vir Josef gesê: “God die Almagtige het aan my verskyn by Lus in Kanaän, en Hy het my geseën.

4. Hy het vir my gesê: ‘Ek sal jou vrugbaar maak, en jy sal baie kinders hê. Jou nageslag sal baie volke wees en Ek sal hierdie land vir hulle gee. Dit sal altyd hulle land wees.’

5. “Jy het twee seuns wat in Egipte gebore is voordat ek hier na jou toe gekom het. Hulle is Efraim en Manasse. Hulle is vir my soos my eie twee seuns, Ruben en Simeon.

6. Hierdie twee seuns van jou sal elkeen saam met my seuns ’n stuk grond in Kanaän kry. Maar as jy nog seuns kry ná hulle, dan sal hulle van Efraim en Manasse se grond kry.

7. Toe ek van Paddan-Aram gekom het, het jou ma Ragel in Kanaän langs die pad gesterf. Dit was nie ver van Efrata nie. Ek het haar daar langs die pad begrawe naby Efrata, dit is Betlehem.”

8. Toe Jakob Josef se seuns sien, vra hy: “Wie is hulle?”

Lees volledige hoofstuk Genesis 48