Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 46:21-33 Bybel vir Almal (ABA)

21. Benjamin se seuns was Bela, Beker, Asbel, Gera, Naäman, Egi, Ros, Muppim, Guppim en Ard.

22. Dit was die seuns wat Ragel vir Jakob gekry het. Hulle almal saam was 14 mense.

23. Dan het een seun gehad. Sy naam was Gussim.

24. Naftali se seuns was Jagseël, Guni, Jeser en Sillem.

25. Dit was die seuns van Bilha, die slavin wat Laban vir sy dogter Ragel gegee het. Hulle was almal saam sewe mense.

26. Die kinders en kleinkinders van Jakob wat saam na Egipte gegaan het, was almal saam 66. Die vroue van Jakob se seuns het ook saamgegaan, maar hulle het nie getel hoeveel vroue daar was nie.

27. Josef het ook nog twee seuns gehad wat in Egipte gebore is. Daar was 70 mense in Jakob se familie wat na Egipte gegaan het.

28. Jakob het vir Juda gestuur om voor hom na Josef toe te gaan om vir hom te sê dat hulle na die land Gosen kom. Hulle het in Gosen aangekom,

29. en Josef het gesê sy slawe moet sy oorlogkar bring. Hy het daarop gery om sy pa Jakob te gaan ontmoet. Toe hy sy pa sien, het hy sy arms om hom gesit en hy het lank by sy pa gestaan en huil.

30. Toe sê Jakob vir Josef: “Nou is ek tevrede, nou kan ek sterf. Ek het jou weer gesien, ek het gesien jy lewe nog.”

31. Josef het vir sy broers en vir sy hele familie gesê: “Ek sal nou vir die farao vertel dat my broers en my familie van Kanaän gekom het en dat hulle hier aangekom het.

32. Ek sal vir hom sê julle is veeboere, julle boer met beeste, skape en bokke, en julle het alles saamgebring wat julle het.

33. Wanneer die farao julle roep en vir julle vra watter werk julle doen,

Lees volledige hoofstuk Genesis 46