Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 45:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Josef kon nie meer vir die mense wegsteek hoe hy voel nie. Hy het gesê al die ander mense moet weggaan van hom. Net sy broers het by hom gebly. Toe het hy vir sy broers gesê wie hy is.

2. Hy het so hard gehuil dat die Egiptenaars en die mense in die farao se huis dit gehoor het.

3. Josef het vir sy broers gesê: “Ek is Josef. Lewe Pa nog?”Sy broers kon hom nie antwoord nie, want hulle was te bang vir hom.

4. Toe sê Josef vir sy broers: “Kom asseblief nader na my toe.”Hulle het nader gekom, en hy het vir hulle gesê: “Ek is julle broer Josef, julle het my verkoop, en die mense wat my gekoop het, het my na Egipte gebring.

Lees volledige hoofstuk Genesis 45