Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 44:20-23 Bybel vir Almal (ABA)

20. En ons het vir Meneer gesê ons het ’n pa wat al oud is en ons het nog ’n broer. Hy is die jongste. Hy is gebore toe ons pa al oud was en hy het ’n ander ma as ons. Haar ander seun is dood, en ons jongste broer het alleen oorgebly. Sy pa is baie lief vir hom.

21. Meneer het toe vir ons gesê ons moet hom na Meneer toe bring, want Meneer wil hom sien.

22. Ons het vir Meneer gesê die seun kan nie weggaan van sy pa nie. As hy weggaan, dan sal sy pa sterf.

23. Maar Meneer het vir ons gesê as ons nie ons jongste broer saambring nie, dan mag ons nie weer vir Meneer sien nie.

Lees volledige hoofstuk Genesis 44