Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 44:16-18 Bybel vir Almal (ABA)

16. Juda het vir hom geantwoord: “Wat kan ons vir Meneer sê? Wat kan ons praat en hoe kan ons bewys dat ons onskuldig is? God het gewys dat ons skuldig is. Hier is ons nou, ons is Meneer se slawe, ons en ook die een by wie die beker was.”

17. Josef sê toe: “Ek sal dit nooit doen nie. Die man by wie die beker was, hý moet my slaaf word. Julle ander mag teruggaan na julle pa toe.”

18. Juda het nader gekom na Josef toe en hy het vir hom gesê: “Asseblief, Meneer, mag ek alleen met Meneer praat? Moenie kwaad word vir my nie, want jy is soos die farao.

Lees volledige hoofstuk Genesis 44