Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 44:1-10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Josef het vir die bestuurder van sy huis gesê: “Maak die manne se sakke vol koring. Maak dit so vol soos hulle kan dra en sit elkeen se geld terug in sy sak.

2. My beker, die silwer beker, moet jy bo in die sak van die jongste broer sit saam met die geld vir sy koring.”Die bestuurder het gedoen wat Josef vir hom gesê het.

3. Toe dit lig word die volgende oggend, het Josef se slawe die broers met hulle donkies laat gaan.

4. Die broers was nog nie ver van die stad nie, toe sê Josef vir die bestuurder van sy huis: “Volg daardie manne. As jy by hulle kom, dan moet jy vir hulle vra: ‘Hoekom doen julle slegte dinge aan my? Ek was goed vir julle.

5. Waar is die beker waaruit Meneer drink? Dit is die beker wat hy gebruik as hy vooruit wil sê wat later sal gebeur. Julle het ’n baie slegte ding gedoen.’ ”

6. Die bestuurder het toe by die broers gekom en hy het dit vir hulle gesê.

7. Hulle het vir hom gesê: “Hoekom praat Meneer so? Ons sal nooit so iets doen nie.

8. Ons het die geld wat ons bo in ons sakke gekry het, vir jou teruggebring uit Kanaän. Ons sal nooit silwer of goud uit jou meneer se huis steel nie.

9. As jy die beker by een van ons kry, dan mag jy hom doodmaak, en dan word ons almal jou slawe.”

10. Die bestuurder sê toe: “Goed, ons sal maak soos julle sê. Maar net die een by wie ek die beker kry, sal my slaaf word, julle ander mag gaan.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 44