Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 42:30-38 Bybel vir Almal (ABA)

30. Hulle het gesê: “Die man wat die hoof van die land is, het kwaai met ons gepraat en hy het ons toegesluit in die tronk. Hy het gesê ons is spioene in sy land.

31. Ons het vir hom gesê ons is eerlike mense, ons is nie spioene nie.

32. Ons het vir hom gesê ons was twaalf broers, ons was almal seuns van dieselfde pa, een broer is dood en die jongste broer is by Pa in Kanaän.

33. Die hoof van die land het toe vir ons gesê: ‘Ek sal uitvind of julle eerlike mense is. Julle moet een van julle broers by my laat bly. Neem dan kos vir julle honger mense by die huis en gaan terug.

34. Maar julle moet julle jongste broer na my toe bring sodat ek kan weet julle is nie spioene nie, julle is eerlike mense. Dan sal ek julle broer teruggee, en dan mag julle oral in die land rondgaan.’ ”

35. Jakob se seuns het hulle sakke leeggemaak, en elkeen kry toe sy beursie en sy geld in sy sak. Toe hulle dit sien, het hulle en hulle pa baie bang geword.

36. Hulle pa Jakob het vir hulle gesê: “Julle vat al my kinders! Josef is dood en Simeon is nie meer hier nie. Nou wil julle vir Benjamin ook vat. Julle maak dit baie swaar vir my.”

37. Ruben sê toe vir sy pa: “Pa mag my twee seuns doodmaak as ek nie vir Benjamin na Pa toe terugbring nie. Pa moet my glo. Laat Benjamin saamgaan met my, en ek belowe dat ek hom vir Pa sal terugbring.”

38. Maar Jakob het gesê: “My seun Benjamin sal nie saam met julle gaan nie, want sy broer is dood en hy het alleen oorgebly. As daar iets sleg met hom op die pad gebeur, dan sal ek, ’n ou man, van hartseer sterf, en dan sal dit julle skuld wees.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 42