Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 40:11-21 Bybel vir Almal (ABA)

11. Ek het die farao se beker in my hand gehou, en ek het van die druiwe geneem en dit uitgedruk in die farao se beker. Toe het ek die beker vir die farao gegee.”

12. Josef sê toe vir hom: “Ek sal vir jou sê wat jou droom beteken: Die drie ranke beteken drie dae.

13. Oor drie dae sal die farao aan jou dink en hy sal jou werk vir jou teruggee. Jy sal weer die farao se wyn skink en sy beker vir hom gee soos voorheen toe jy sy skinker was.

14. Maar jy moet aan my dink wanneer dit goed gaan met jou. Jy moet asseblief iets doen om my te help. Vertel vir die farao van my, sodat hy my uit hierdie tronk kan laat haal.

15. Hulle het my weggevat uit die land van die Hebreërs. Ek het nie daar of hier iets gedoen wat verkeerd is nie, maar hulle het my in die tronk toegesluit.”

16. Toe die hoof van die bakkers hoor Josef het gesê die skinker se droom beteken dat dit goed sal gaan met hom, sê hy vir Josef: “Ek het ook gedroom. Ek het gedroom daar was drie mandjies op my kop.

17. In die boonste mandjie was daar lekker gebakte kos vir die farao. Maar die voëls het die kos uit die mandjie opgevreet toe die mandjie nog op my kop was.”

18. Toe sê Josef vir hom: “Ek sal vir jou sê wat jou droom beteken: Die drie mandjies beteken drie dae.

19. Oor drie dae sal die farao aan jou dink. Hy sal jou uit die tronk laat kom en hy sal jou aan ’n boom laat ophang. Die voëls sal kom en hulle sal jou vleis van jou liggaam afvreet.”

20. Drie dae later het die farao verjaar en hy het ’n groot fees gehou vir al sy mense. Hy het toe gedink aan die hoof van die skinkers en aan die hoof van die bakkers en hy het hulle uit die tronk laat kom.

21. Hy het die hoof van die skinkers weer aangestel om sy skinker te wees, sodat hy weer die wyn kon skink in die farao se beker en dit vir hom kon gee,

Lees volledige hoofstuk Genesis 40