Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 39:16-23 Bybel vir Almal (ABA)

16. Sy het Josef se klere by haar gehou totdat haar man by die huis gekom het.

17. Toe vertel sy vir hom: “Die Hebreeuse slaaf wat jy na ons toe gebring het, het na my toe gekom en wou seks hê met my.

18. Ek het baie hard geskree, en toe het hy sy klere by my gelos en buitetoe gevlug.”

19. Toe Potifar hoor wat sy vrou vir hom vertel wat Josef wou doen, het hy baie kwaad geword.

20. Potifar het vir Josef in die tronk laat toesluit, die tronk waar die koning sy gevangenes gehou het. Josef het lank daar in die tronk gebly.

21. Maar die Here was by Josef en Hy het hom gehelp. Daarom was die hoof van die tronk ook vriendelik met Josef.

22. Hy het Josef die hoof gemaak oor al die gevangenes in die tronk. Josef moes kyk dat alles reg gaan in die tronk.

23. Die hoof van die tronk het hom oor niks in die tronk bekommer nie, want Josef het gekyk dat alles reg gaan. Die Here was by Josef, en dit het goed gegaan met alles wat hy gedoen het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 39