Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 33:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Jakob het gekyk en hy het vir Esau gesien wat na hom toe aankom. Daar was 400 manne by Esau. Jakob het toe die kinders verdeel tussen Lea en Ragel en die twee slavinne.

2. Hy het die slavinne en hulle kinders voor laat loop. Agter hulle het Lea en haar kinders geloop, en Ragel en Josef was laaste.

3. Jakob het voor hulle geloop en hy het sewe maal laag gebuig, tot hy by sy broer gekom het.

4. Esau het na hom toe gehardloop en hy het vir Jakob omhels. Hy het sy arms om Jakob se nek gesit en hom gesoen, en hulle het gehuil.

5. Toe Esau kyk, sien hy die vroue en die kinders en hy vra: “Wie is hierdie mense by jou?”Jakob het geantwoord: “Dit is die kinders wat God vir my gegee het. God was baie goed vir my.”

6. Toe kom die slavinne en hulle kinders nader en hulle buig voor Esau,

Lees volledige hoofstuk Genesis 33