Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 29:28-35 Bybel vir Almal (ABA)

28. Jakob het gedoen wat Laban gevra het. Jakob het gewag totdat die week verby was. Toe gee Laban sy dogter Ragel vir Jakob en sy het ook Jakob se vrou geword.

29. Laban het sy slavin Bilha vir sy dogter Ragel gegee.

30. Jakob het ook met Ragel seks gehad, en hy was meer lief vir Ragel as vir Lea. Hy het nog sewe jaar lank vir Laban gewerk.

31. Die Here het gesien dat Jakob minder lief is vir Lea as vir Ragel. Die Here het vir Lea kinders gegee, maar Ragel kon nie kinders kry nie.

32. Lea het swanger geword en sy het ’n seun gekry. Sy het hom Ruben genoem. Sy het gesê: “Die Here het gesien dat ek swaarkry. Nou sal my man vir my ook lief wees.”

33. Later het sy weer swanger geword en sy het nog ’n seun gekry. Toe sê sy: “Die Here het gesien dat Jakob minder lief is vir my, en Hy het vir my ook hierdie seun gegee.”Daarom het sy hom Simeon genoem.

34. Toe Lea weer swanger word en nog ’n seun kry, sê sy: “Nou sal my man baie meer lief wees vir my, want ek het drie seuns vir hom gekry.”Daarom het sy hom Levi genoem.

35. Sy het weer swanger geword en nog ’n seun gekry en gesê: “Nou prys ek die Here.”Daarom het sy hom Juda genoem. Sy het nie gou weer kinders gekry nie.

Lees volledige hoofstuk Genesis 29