Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 27:29-38 Bybel vir Almal (ABA)

29. Ek bid dat ander volkejou sal dien en datdie mense van ander landevoor jou sal buig.Jy sal die hoof weesoor jou broer,en hy sal voor jou buig.As iemand jou vervloek,dan sal die Herehom vervloek,en as iemand jou seën,dan sal die Here hom seën.”

30. So het Isak vir Jakob geseën.Toe Jakob weggaan van sy pa, kom Esau terug uit die veld waar hy die wildsbok geskiet het.

31. Esau maak toe ook ’n lekker ete gaar en bring dit vir sy pa en sê vir hom: “Pa, sit asseblief regop en eet van my wildsvleis, sodat Pa my kan seën.”

32. Isak vra toe vir hom: “Wie is jy?”En hy antwoord: “Ek is jou oudste seun Esau.”

33. Toe skrik Isak baie groot en hy begin bewe. Hy vra toe vir Esau: “Iemand het ’n wildsbok geskiet en hy het dit vir my gebring. Wie was dit? Ek het van alles geëet en ek het hom geseën voordat jy gekom het. En ek kan nie sy seën wegvat nie.”

34. Toe Esau hoor wat sy pa sê, het hy hard geskree en begin huil. Hy sê toe vir sy pa: “Pa, seën asseblief ook vir my.”

35. Isak het gesê: “Dit is jou broer wat my bedrieg het en wat jou seën gevat het.”

36. En Esau sê: “Ja, sy naam is Jakob, hy is skelm. Hy het my twee maal bedrieg. Hy het my regte gevat en nou het hy ook my seën gevat. Kan Pa my ook seën?”

37. Isak het vir Esau gesê: “Ek het klaar gesê Jakob sal jou hoof wees. Jakob se hele familie sal hom dien. Ek het hom geseën, en hy sal altyd baie koring en wyn hê. My seun, wat is daar nog wat ek vir jou kan gee?”

38. Toe sê Esau vir sy pa: “Het Pa net een seën? Seën my ook asseblief.”En Esau het hard begin huil.

Lees volledige hoofstuk Genesis 27