Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 21:5-10 Bybel vir Almal (ABA)

5. Abraham was 100 jaar oud toe sy seun Isak gebore is.

6. Sara het gesê: “Die mense sal nou lag oor wat God met my gedoen het. Almal wat van Isak hoor, sal vir my lag.

7. Niemand sou voorheen vir Abraham gesê het dat kinders aan my bors sou drink nie, maar ek en Abraham het ’n seun gekry toe hy al oud was.”

8. Die kind Isak het grootgeword en opgehou om aan Sara te drink. Op daardie dag, toe Sara vir Isak gespeen het, het Abraham ’n groot fees gehou.

9. Toe sien Sara dat Ismael lag. Ismael was die seun wat Hagar, die slavin uit Egipte, vir Abraham gekry het.

10. Sara sê toe vir Abraham: “Jaag hierdie slavin en haar seun weg. Hierdie seun van die slavin mag nie erf saam met my seun Isak nie.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 21