Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 2:16-25 Bybel vir Almal (ABA)

16. Die Here God het vir die mens gesê: “Jy mag van al die vrugte in die tuin eet,

17. maar een boom se vrugte mag jy nie eet nie. Dit is die boom wat jou kan help om te weet wat goed is en wat sleg is. As jy van daardie vrugte eet, dan sal jy sterf. Dit is seker.”

18. Die Here God het gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n maat maak wat hom kan help.”

19. Die Here God neem toe grond en Hy maak al die diere op die land en al die voëls.Toe bring Hy al die diere en die voëls na die mens toe. Die Here God wou weet watter name die mens vir die diere sou gee. So het die diere hulle name gekry.

20. Die mens het name gegee vir al die mak diere, die voëls en die wilde diere, maar vir homself kon hy nie ’n maat kry om hom te help nie.

21. Die Here God het toe die mens vas laat slaap. Hy het ’n rib uit die mens se bors gehaal, en Hy het die plek weer toegemaak waar Hy dit uitgehaal het.

22. Daarna het die Here God ’n vrou gemaak van die man se rib en Hy het haar na die mens toe gebring.

23. Die mens sê toe:“Nou het die Here iemand gebringwat ’n mens is soos ek.Haar liggaam kom uit my liggaam.Haar naam moet vrou wees,want sy kom uit die man.”

24. Daarom gaan ’n man weg van sy pa en ma en hy gaan woon by sy vrou, sodat hulle een kan word.

25. Die mens en sy vrou was kaal, maar hulle was nie skaam daaroor nie.

Lees volledige hoofstuk Genesis 2