Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 19:11-18 Bybel vir Almal (ABA)

11. Hulle het al die mans wat voor die huis was, blind laat word, die jong mans en die ou mans, sodat hulle nie die deur van die huis kon kry nie.

12. Die twee mans vra toe vir Lot: “Is hier nog van jou mense? Neem jou skoonseuns, jou seuns en dogters en al jou mense. Neem hulle uit hierdie stad uit,

13. want ons gaan die stad verwoes. Die Here het gehoor wat hierdie stad se mense gedoen het, en Hy het ons gestuur om die plek te verwoes.”

14. Lot het gegaan en met die skoonseuns gepraat wat met sy dogters sou trou. Hy het gesê: “Kom, julle moet uit hierdie plek uitgaan, want die Here gaan die stad verwoes.”Maar sy skoonseuns het gedink Lot maak ’n grap.

15. Toe dit dag word, het die engele vir Lot gesê hy moet gou maak. Hulle het gesê: “Kom, neem jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, sodat die Here jou nie ook straf wanneer Hy die stad straf nie.”

16. Lot het nog ’n bietjie gewag. Toe gryp die twee mans sy hand en sy vrou se hand en sy twee dogters se hande en hulle neem hulle almal tot buite die stad. Die Here wou Lot se lewe spaar.

17. Nadat die twee mans vir Lot en sy mense tot buite die stad gebring het, sê een van die mans: “Julle moet vlug as julle wil lewe! Moenie agtertoe kyk nie, en moenie êrens in die vallei stilstaan nie. Vlug na die berge, anders sal julle sterf!”

18. Maar Lot sê vir hulle: “Nee, Menere,

Lees volledige hoofstuk Genesis 19