Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 18:8-20 Bybel vir Almal (ABA)

8. Toe die kalf gaar is, neem Abraham ook botter en melk en hy gee dit vir die mans. Hy het hulle onder die boom bedien, en hulle het geëet.

9. Hulle vra toe vir hom: “Waar is jou vrou Sara?” en hy antwoord: “Sy is hier in die tent.”

10. Toe sê die Here: “Ek sal volgende jaar dieselfde tyd terugkom na jou toe. Dan sal jou vrou Sara ’n seun hê. Dit is seker.”Sara was agter Abraham by die tent se deur en sy het dit gehoor.

11. Abraham en Sara was altwee baie oud, en Sara was al te oud om kinders te kry.

12. Sara het stilletjies gelag en gedink: Kan ek nou nog lus wees om by ’n man te slaap? Nee, ek is te oud en my man ook.

13. Die Here vra toe vir Abraham: “Hoekom het Sara gelag en gedink sy kan nie meer ’n kind kry nie?

14. Is daar iets wat te moeilik is vir die Here? Volgende jaar dieselfde tyd kom Ek terug na jou toe. Sara sal dan ’n seun hê.”

15. Sara was bang. Sy het gestry en gesê: “Ek het nie gelag nie.”Maar die Here het gesê: “Dit is nie waar nie, jy hét gelag.”

16. Die mans het opgestaan om te gaan, en Abraham het ’n entjie saam met hulle gestap. Hulle het na die stad Sodom gekyk.

17. Die Here dink toe: Ek sal nie stilbly nie, Ek sal vir Abraham vertel wat Ek wil doen.

18. Abraham se nageslag sal ’n groot en sterk volk word, en al die mense van die aarde sal sy naam gebruik om te bid dat Ek hulle moet seën soos Ek vir Abraham geseën het.

19. Ek het ’n verbond met Abraham gemaak. Hy moet vir sy seuns en sy nageslag sê om gehoorsaam te wees aan My. Hulle moet doen wat Ek wil hê. Dan sal Ek vir Abraham doen wat Ek vir hom belowe het.

20. Toe sê die Here: “Ek hoor baie mense kla oor die stede Sodom en Gomorra, want daardie mense doen baie sonde.

Lees volledige hoofstuk Genesis 18