Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 18:2-7 Bybel vir Almal (ABA)

2. Toe hy opkyk, het hy drie mans voor hom gesien staan. Toe hy hulle sien, het hy na hulle toe gehardloop en laag gebuig voor hulle.

3. Hy het gesê: “Menere, julle sal my gelukkig maak as julle nie by my verbygaan nie.

4. Ek sal ’n bietjie water gaan haal sodat julle julle voete kan was, en dan kan julle kom rus onder die boom.

5. Ek wil vir julle ’n stukkie brood gaan haal, sodat julle weer nuwe krag kan kry. Ek weet dit is hoekom julle na my toe gekom het. Julle kan verder gaan nadat julle geëet het.”Hulle sê toe vir hom: “Goed, jy moet doen soos jy gesê het.”

6. Abraham gaan toe gou na Sara in sy tent en sê vir haar: “Neem gou drie sea van die beste meel, knie dit en bak brood.”

7. Daarna het Abraham gou na die beeste gegaan, hy het ’n mooi jong bul-kalf gevang en hy het dit vir ’n slaaf gegee om gaar te maak.

Lees volledige hoofstuk Genesis 18